Wednesday, November 12, 2008

Antibiotika - Music Video Shoot

Photobucket

Dag 1:

Ons was almal 10.30 by Flyonthewall en Sean se office. Gereed vir aksie. Tente, camping chairs, boere caps, drie dae se drank, the works. Soos gewoontlik moes ons nog ‘n paar ure in die stad rond wag, omdat iets of iemand laat was. Ons het later gehoor die van was gehuur was om gear na die shoot te vervoer was laat en het dinge opgehou. Ons het toe eers die Kaap teen 3uur verlaat, wat blybaar heeltemal te laat is. Ons het vinnig tot op Ceres gemission en gedink ons as amper by die finale destination.

Na Ceres het ons ‘n grondpad getref wat ons later besef het 230 km lank is, dis hier waar ons selfoon signal verloor het en ook enige kommunikasie met die buitewêreld. Die trip het verewig aangehou, bande het gebars, karre is agter gelaat.

Elke tien minute is gekla en toe het ons maar begin biere oopmaak. Dit was nie gevaarlik nie, want ons kon net 40km/h ry in die Tankwa park. Dis was ‘n bietjie soos ‘n 4x4 pad. Teen 9uur het ons die soutpan bereik en vinnig tent opgeslaan, maar van die crew en hul voertuig was nog 100km weg van ons af, met 2 stukkend bande. Daar het 4 bande gebars oppad na die soutband. Tussen 6 motors.

Hunter het die volgende dag verjaar en ons het maar begin partytjie hou terwyl Grant die res van die mense gaan haal het. Dit was winderig en moeilik om die sand uit jou mond uit te hou. Toe die drank inskop he tons vergeet daarvan en die pan verken met ons klein kopligte. Dit het vir ons gelyk soos Mars.

Ons was al aan die slaap toe die res daar opdaag. More gaan ‘n lang dag wees.

Photobucket

Dag 2:

Photobucket

Ons het vanoggend wakker geraak in ‘n hoop sand. Die wind waai al vandat ons gisteraand hier aangekom het non-stop! Alles is toe onder sand en Snake se tent waarin hy, Hunter, Johnny en Davenport slaap is daar amper niks van oor nie.

Sean en die crew is al op en besig om dinge op die soutpan op te set.

Die plek lyk vandag heeltemal anders as wat ek gedink het dit lyk. Gister aand was dit so donker en winderig, dat jy het nie ‘n idée gehad van waar jy is nie.

Almal voel goed na Hunter se birthday party en ons is reg om die wind en hitte aantepak.

Na ‘n bos-kak en sanderige breakfast is almal van ons op die soutpan en probeer die crew help om van die props op te set. Fokkin misson!!

Dietlof en Davenport moes terug Ceres toe skiet om supplies te gaan koop en probeer uitfigure wat om met die ander voertuig te maak.

Ceres is 230 km weg en dit vat jou 4ure om dit te ry. Dis as hulle nie nog twee flats kry nie.

Die dag se shoot het goed verloop en almal was fokkin bly toe die son gaan sak.

Dietlof en Davenport het dit in een stuk terug gemaak en die vuur is aangesteek vir nog ‘n sanderige braai en drink sessie.

Francois is vroeg dronk en het uitgepass.

Albert du Plessis (Rhythm Records) sou vandag ‘n draai kom maak het. Net voor ons gaan slaap het, het ons ligte in die verte gewaar. Grant (best boy) het sy ligte aangesit en Albert na ons kamp gely.

Hy was toe al vir meer as twee ure op soek na die pan en wou al moed opgee. Sonder selfoon syn en petrol is almal lost!

Ons het te laat begin vandag en sal more moet inhaal. Daar le nog ‘n lang dag voor.

Photobucket
Photobucket
Photobucket
Photobucket
Photobucket
Photobucket
Photobucket
Photobucket
Photobucket

Dag 3:
Toe ons wakker word en besef die wind is weg het ons baie lekker gevoel. Ons het vroeg begin skiet en vinniger gewerk. Dit was donners warm en as ons nie in die shot was het, was daar bietjie skadu waar ons kon lê.

Ons het die laaste shots van die dag gevang net voor die sonder onder gegaan het, tewyl ‘n kruis lê en brand het op die pan. Ons kon darem ook rustig braai, want daar was minder wind en toe ook geparty tot die bed lekker gelyk het. Ons het ook op die pan ‘n nuwe band begin – Brutal Fruit. Almal het nuwe name gekry onder andere: Anal Apple, Banana Receiver, Gatseks Grapefruit en Ravishing Rim jol.

Lekker gesing en ek het geworry oor of ek nog ‘n stem gaan hê vir die volgende dag se show. More huis toe. Whoohoo!

Photobucket

Photobucket
Photobucket

Dag 4:

Ons is nou al gatvol vir die plek.

Ons het nou al drie dae laas gestort en is toe onder die sand en sweet.

Vanaand is Halloween en launch ons die nuwe Van Coke Kartel CD by Assembly.

Wynand en Francois is 05h00 op om die lang pad huis toe aantepak.

Twee van die Art Department dudes gaan saam met ons mission in hulle kar.

Dis te gevaarlik om op jou eie te mission. Daar’s ‘n goeie kans al jou bande gaan uitfok.

60 km buite Ceres het Wynand en Francois sonder petrol gaan staan. Daar was gister heeldag petrol uit my kar gepomp vir die generator.

Gelukkig het hulle tou gehad en moes die Art Department ons tot in Ceres tou.

Dit was ‘n gesukkel op die grond pad en ons moes ‘n paar keer stop en toue vervang.

Die res van die band en crew het dit veilig tot by die huis gemaak. Na ‘n stort het almal by Assembly die aand opgehook en lekker geparty.

Ons sien uit na die final edit! Dit behoort voor Desember klaar te wees.

4 comments:

musicalmover said...

loove the vid!
:)

Unknown said...

Hey fokof, ek is seke ni di grootste fan ni heti al jul cds ni ma wane ek jule musiek hoor voel ek bly, jule is di beste band beter as seether. Nou dat ek kla jul anbid het en jul asses gesoen het ek is van klerksdorp en het jule show gemis hoop jul kom gou weer ek wou nog altyd n band begin ma in di jock plek isit n kak idea eni bands wat hi is, is stuck up boere poese, brand sa af, maak hule oë oop. Ps fok god jule is soos satan baie mis virstaan cheers.

Eric Sibanyoni said...

Hi Julle manne

net 'n klein guns ek wil asseblief beter verstaan wat die idee/concept van die video was, ek dink julle het al die comments gesien op julle Facebok groep oor die kruis deel wat brand, maar julle niks daaroor gese nie.dis nie vir my 'n probleem maar as 'n fokken groot FOKOF fan wil ek net weet wat die idee was , dit lyk inetersant jy weet mense is fokken nuuskierig oor sulke goed.
kan julle asseblief vir my laat weet by eric@showground.co.za.

Dankie sal dit fokken baie waardeer.

net nog 'n fan

Phoenix Finance said...

Dit het great uitgekom, het dit op my blog gelink.