Monday, June 14, 2010

WEN WEN WEN WEN WEN!



Casio en Fokofpolisiekar gee jou die kans om ‘n Casio horlosie te wen!

Wat beteken Fokofpolisiekar vir jou?

Annie Klopper is tans besig om Fokofpolisiekar se authorised biografie te skryf en wil graag input van die fans hê. Vir die kans om jou woorde in die amptelike Fokofpolisiekar-boek te sien, vertel vir haar in 200 woorde wat Fokofpolisiekar vir jou beteken. Onthou om jou naam, ouderdom en tuisdorp daarby te plaas. Die beste inskrywing ontvang ’n Casio-horlosie. E-pos vir Annie by: annie@dierockjagter.com
Die inskrywing wat Annie die meeste help en interessant vind sal wen.

Die wenners sal teen Vrydag 2 Julie bekend gemaak word.

Onthou ook dat jou band het ook die geleentheid om saam met Fokofpolisiekar te speel by Assembly Saterdag 3 Julie.

Stuur ‘n E-pos met julle biografie en details na waar julle musiek gehoor kan word na info@fokofpolisiekar.co.za

Die line up sal teen Maandag 21 Junie bekend gemaak word.

Terme en voorwaardes:

1. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Slegs inskrywings wat teen 00h00 op 21 Junie 2010 ontvang is, sal in aanmerking kom vir die prys.

2. Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee die deelnemer toestemming dat die inhoud van sy/haar inskrywing en sy/haar naam aangehaal mag word in ’n Biografie van ’n bende deur Annie Klopper (Protea Boekhuis, ISBN 978-1-86919-342-3) met dien verstande dat die deelnemer geen aanspraak het op tantieme in hierdie verband nie.

3. Alle inskrywings moet die eie, oorspronklike intellektuele skeppings van die onderskeie deelnemers wees en deur in te skryf, gee die deelnemer toe dat dit wel sy/haar eie intellektuele skepping is.

4. Annie Klopper en Protea Boekhuis aanvaar geen verantwoordelikheid vir naam-, kopiereg- of enige ander vorm van skending waaraan die deelnemer hom/haar mag skuldig maak deur sy/haar inskrywing nie.

1 comment:

Unknown said...

Wel FPK beteken baie vir my en Afrikaanse Rock hulle het en sal altyd my groot rede wees omdat ek Afrikaase musiek luister en FPK se movie bewys en het ook my nog meer verstaan hoe baie hulle omgee oor AFRIKAANSE ROCK... Het laas jaar vir FPK live gaan kyk by Bochendale en hule is baie better om live te kyk as wat hule op hulle albums is en hule het ons die mense heeltemal wakker laat Rock FPK is en sal altyd 'n leeftyd in en om ons lewens lewe... FOKOFPOLISIEKAR ROCK ON